| Ons wil net baie dankie sê aan Serna Smit (Arbeidsterapie) vir die program. Indien jy haar wil skakel: (012) 997 3464 |
| A) POLSEKSTENSIE (PASSIEF) |
|
| B) POLSEKSTENSIE (AKTIEF UITGEVOER MET DIE DOMINANTE HAND) |
|
| C) VERSTERKING VAN DUIM-, MIDDEL- EN INDEKS VINGERS (DOMINANTE HAND) |
|
|
Rol baie klein balletjies van snesies met hierdie drie vingers en plak dit op 'n prent soos 'n eend, boom en sneeuman. Laat die voorarm op die tafel rus en lig die hand heeltemal van die tafel op, terwyl die balletjies gerol word. |
| Rol klein balletjies met klei om bv. eiers vir 'n voëlnessie te maak |
| Gebruik 'n medisynedrupper met 'n rubberpunt en speel blaassokker deur 'n ligte, klein balletjie met die medisyne drupper na die doel te blaas. |
| D) MOEDIG OPENING VAN DIE SPASIE TUSSEN DIE DUIM EN WYSVINGER AAN (WEBSPASIE) |
| Herhaal bogenoemde aktiweite, maar gebruik net die duim, ringvinger en pinkie van die dominante hand. Die ander vingers staan regop soos soldate. |
| E) PRO- EN SUPINASIE VAN DIE VOORARM |
| Gooi byvoorbeeld 'n boontjiesakkie in die lug met die handpalm na bo en vang weer die sakkie met die rugkant van die hand en ook anders om. |
Oefeninge en aktiwiteite moet daagliks vir ongeveer 15 minute gedoen word om vordering te verseker. |